Wednesday, October 2, 2013

Refleksie Skryfstuk

Ek was nie baie opgewonde  toe ek uitvind ons moes 'n blog doen.Ek hou nie daarvan om my persoonlike lewe in die openbare te sit nie. Dit was 'n groot uitdaag vir my, maar ek is bly ek het die uitdaag gevolg.
Die is 'n baie goeie platform vir mense wat blogging ernstig wil vat.
Ek het die ander mense se blogs geniet en hulle skrfwerk baie interessant gevind en 'n bietjie meer oor hulle lewe en die dinge wat belangrik is in hulle lewe.

Die was 'n interessante ervaring, maar ek dink nie ek sal dit weer doen nie.

Thursday, September 26, 2013

Opvoedkundige Skrfstuk

Vyf stappe om 'n nuwe suster te hanteer:

Stap een: Wees gereed om jou ouers op te gee,daar is nou 'n nuwe fokus in die huis.
Stap twee: Weet hoe om 'n vuil nappie te verander, want as jy die oudste is gaan jou ouers dit verwag.
Stap drie: Jou kamer is nie meer jou kamer nie.
Stap vier: Sit al jou belangrike besittings op 'n veilige plek anders as jou suster dit kry gaan dit nie meer dieselfde wees nie.
Stap vyf:Jy moet baie geduld het, want hulle gaan jou baie mal maak en op jou laaste senuwee werk.

Daar is baie nuwe wat jy van jouself leer met 'n klentjie in die huis, maar die mees belangrike ding wat jy moet onthou is dat hulle net liefde en geduld soek.

Wednesday, September 18, 2013

Verhalende skryfstuk

Daar is so baie stories wat ek van my suster  Sesethu kan vertel. Van die eerste dag tot gisteraand, daar is stories toe sy stout gewees het en stories waar sy soet gewees het. Die een storie het vir my uit gesteek.

My broer het vir baie maande my ouers gesmeek vir 'n nuwe kas en uiteindelik het hy dit gekry. My ouers was uit vir die oggend en ek was gevra om na Sesethu te kyk, dit was so n' malhuis want, die mans mense was besig om te bou en ek  kon haar nie vir twee sekonde allen los nie. Hulle was al vir twee ure besig en dit was Sesethu se tyd om te gaan slaap, agte vyf minute met haar sukkel om te gaan slaap het sy haar rus gekry. Ek was toe besig om te lees en uiteindelik was die mans mense kla gewerk en ek besluit toe om te gaan slaap.

Ek word wakker met die stem van my ouers, hulle is besig om die nuwe kas te ondersoek, ek staan toe op en wat sien ek? My lieflike suster het besluit om my ma se swart oog-potlood te wat en 'n mooi swart gemors op my broer se nuwe wit kas te maak. My ouers het dit nie snaaks gevind nie en Sesethu se gesig was priceless en haar straf was om die gemors self af te was, maar dit was 'n grote gemors.

Wednesday, September 4, 2013

Beskrywende skryfstuk

Dit is 'n warme Desember oggend en ek word wakker met vlinders in my mag. Die dag waaran ek twee weke gewag het is uiteindelik hier. Ek staan op en maak die huis reg vir 'n klein mens, ek kan nie die glimlag van my gesig af al nie. Wat gaan gebeur as sy hier aankom? Ons is vreemde mense en sy was nog nooit uit daardie vier mure nie.
Ek is bekommerd, gaan sy van my hou? hoe gaan ek voel?
Aangestap kom hierdie klein blomme'tjie,in haar pienk en wit rokkie met wit skoene, haar arms strek uit en sy voel soos kapok en ek is dadelik verlief. Daar is niks meer onsekerheid nie, sy behoord hier, maar daar is 'n ander gevoel van my broer. Hy wil haar nie eers optel nie,my hart voel seer, hoe kan hy so 'n engel'tjie nie lief hĂȘ nie?
Sy is so gevasoneer met alles wat om haar is, sy is baie lief vir die honde en sy raak opgewonde wanneer hulle begin blaf.
Die beste is wanneer sy slaap, sy kruip in jou reg in en as sy wakker word dan soen sy jou wakker.

 Hoe kan enige mense so 'n engel verlaat? Sy bring soeveel positiwe energie in my lewe.

Wednesday, August 28, 2013

Persoonlike skryfwerk- Hoe ek 'n liefde vir weeskinders gekry het.

As die oudste kind van twee het ek nooit gedink dat na agtien jaar ek 'n nuwe sustertjie sal kry nie.
Ek het altyd my ouers gevra hoekom hulle nie nog kinders gehad het nie, want ek was en is nog steeds baie lief vir groot families.

In 2011 het ek besluit om universiteit  verlaat, want ek het nie my passie gevolg nie. In dieselfde jaar bevind ek myself by Christene Revell Kinderhuis, hulle sorg vir weeskinders en afgeskeepde kinders.
Dit was 'n groot skrik vir my,want ek het nie gedink dat ek so oor kinders sal wees nie. Hulle het my daagliks 'n gevoel gegee wat ek nie kon verduidelik nie.
Ek het ses maande in hierdie plek gespandeer en dit was by verre die beste ses maande van my lewe, om te weet dat vir daardie klein tyd het ek 'n verskil in daardie kinders se lewe gemaak het.

In Desember van 2011 het 'n klein mensie vir twee weke in ons huis gebly, sy was 'n engel wat almal in ons familie verwelkom het. Sy was 'n jaar en vier maande oud, en sonder enige ouers of familie nie. Sy het die mees hart warmte glimlag wat enige hart laat verklein.