As die oudste kind van twee het ek nooit gedink dat na agtien jaar ek 'n nuwe sustertjie sal kry nie.
Ek het altyd my ouers gevra hoekom hulle nie nog kinders gehad het nie, want ek was en is nog steeds baie lief vir groot families.
In 2011 het ek besluit om universiteit verlaat, want ek het nie my passie gevolg nie. In dieselfde jaar bevind ek myself by Christene Revell Kinderhuis, hulle sorg vir weeskinders en afgeskeepde kinders.
Dit was 'n groot skrik vir my,want ek het nie gedink dat ek so oor kinders sal wees nie. Hulle het my daagliks 'n gevoel gegee wat ek nie kon verduidelik nie.
Ek het ses maande in hierdie plek gespandeer en dit was by verre die beste ses maande van my lewe, om te weet dat vir daardie klein tyd het ek 'n verskil in daardie kinders se lewe gemaak het.
In Desember van 2011 het 'n klein mensie vir twee weke in ons huis gebly, sy was 'n engel wat almal in ons familie verwelkom het. Sy was 'n jaar en vier maande oud, en sonder enige ouers of familie nie. Sy het die mees hart warmte glimlag wat enige hart laat verklein.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. besluit om universiteit verlaat - besluit om my studies te staak
2. kinderhuis, hulle - kinderhuis. Hulle
3. groot skrik - groot skok
4. gespandeer - deurgebring
5. die mees hart warmte glimlag wat enige hart laat verklein. - die warmste glimlag wat enige hart sal laat vermurwe.
Jy en jou ouers het baie groot harte. Ek is seker dit was nie maklik om 'n besluiting te maak nie.Sy is 'n pragtige dogtertjie,defnitief 'n engel uit die Hemel.
ReplyDelete