Wednesday, September 4, 2013

Beskrywende skryfstuk

Dit is 'n warme Desember oggend en ek word wakker met vlinders in my mag. Die dag waaran ek twee weke gewag het is uiteindelik hier. Ek staan op en maak die huis reg vir 'n klein mens, ek kan nie die glimlag van my gesig af al nie. Wat gaan gebeur as sy hier aankom? Ons is vreemde mense en sy was nog nooit uit daardie vier mure nie.
Ek is bekommerd, gaan sy van my hou? hoe gaan ek voel?
Aangestap kom hierdie klein blomme'tjie,in haar pienk en wit rokkie met wit skoene, haar arms strek uit en sy voel soos kapok en ek is dadelik verlief. Daar is niks meer onsekerheid nie, sy behoord hier, maar daar is 'n ander gevoel van my broer. Hy wil haar nie eers optel nie,my hart voel seer, hoe kan hy so 'n engel'tjie nie lief hê nie?
Sy is so gevasoneer met alles wat om haar is, sy is baie lief vir die honde en sy raak opgewonde wanneer hulle begin blaf.
Die beste is wanneer sy slaap, sy kruip in jou reg in en as sy wakker word dan soen sy jou wakker.

 Hoe kan enige mense so 'n engel verlaat? Sy bring soeveel positiwe energie in my lewe.

3 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. warme - warm
    2. Desemberoggend - een woord
    3. mag - maag
    4. waaran - waarvoor
    5. af al - afhaal
    6. blommetjie - sonder die '
    7. engeltjie - sonder die '
    8. liefhê - een woord
    9. gevasoneer - gefassineer
    10. reg - rug

    ReplyDelete
  2. Ek voel soos jy, sy is so pragtig met so veel vrede.

    ReplyDelete
  3. Dit is 'n pragtige storie. Daardie blometjie is gelukkig om in jou gesin te wees.

    ReplyDelete